Good day, dear readers. This is a South African based joke that I wrote some time back. Take note that this conversation is between me and a domestic worker 🙂

 

Die Dialoog Begin…

____________________________________________

Dumelang! (Domestiese werker word nader geroep) (Jaco)

Hi daar, kan ek ‘n bietjie met jou gesels? (Jaco)

Ek is ‘n Vroue Bemagtigings  aktivis. Ek weet my kitaar se freedom fighter, maar dis sonder die ‘s’. So  ek vote nie  eintlik vir hulle nie. (Jaco)

Wat is jou seining oor die huidige situasie in ons eie brand new South Africa?… (Jaco)

Well ek se vir jou ek is moeg siek and sat vir die korupsie, bedrog en verdeelheid tussen Suid Afrikaaners, onder geen omstandighede is hierdie situasie aanvaarbaar nie. Laat ek jou bietjie meer oor myself vertel.  My naam is Nkosi Basson, dit beteken “Chief” Basson, my eintlike naam is Jaco Basson, maar ek kon net my naam change, daar is nie papierwerk by die landros om my van te verander nie. (Jaco)

As ek kon sou ek, glo my, ek belowe jou ek het geen verbintenis met stoute kabouter Wouter Basson nie, die man was ‘n mal backyard scientist wat all die donkerkleuriges wou uitwis met geheime gemiese wapens. Sorry! Ken nie die man van ‘n kant af nie! Sy pa het hom seker teveel paklsae gegee, of die tuinhulp het sy toys gesteel. (Jaco)

Die eintlike doel van my gesprek aan jou is om jou in vertoue te neem oor ‘n top secret society wat in die onstaan fasis is in Noord Freestate. (Jaco)

Hulle noem hulle self die Nkosi Amma Boer Boer Beweeging!  Eerstens is dit ‘n insult vir my Zulu naam en tweedens spot hulle met die gebruik van die woord Amma, en dan will hulle eintlik se, hulle is in control van ons. (Jaco)

Ek weet die volgende gaan nie snaaks klink nie maar, ek was by my Phychiatrist en Neurologist, hulle het 3 cat scans gedoen en gevind dat my brein eintlik bruin is. So ja! Ek mag dalk pienk toon aan my vel kleur, ma ek is 100% ‘n darky in my bloedstroom. (Jaco)

Die poging van die amma boer boer klang is om ons te brainwash met woorde soos, verkoon my asb dat ek nou die volgende noemnaampie moet se, maar  hulle noem hulle huis asistente Ousies! Dit Moet nou einde kry! Soos in nou! (Jaco)

Ek weet van die Nkosi Amma Boer Boer Beweeging selgs vir die rede dat ek ‘n Computer hacker is en het radio vrekwensies op getel wat die volgende gesprek ge record het. Will jy graag die gesprek hoor? Ek het dit hier op tape? Moet net my belowe met jou hele hart jy gaan nie hier oor gesels nie… (Jaco)

Gesprek Tussen Koos en Piet:

Piet:

“Koos Koos kom in, kan jy my hoor, ek skakel reg streeks van die windmeel af, ek is besig om my varke te voer, ek dink ons stick met die Ousie noem naam, dis ons kragtigste wapen. Sodra hulle waarlik in hulle harte glo dat hulle ousies is, sal hulle breine, dorfiene vrystel om hulle onder ons mag te bring, bravo uit…

Koos:

Ja Piet, dis presies wat ons ook gese het by base camp. Die woord ousie moet so veel as moontlik beklemtoon word in Suid Afrika en ultimately terug keur na die ouderlike Suid Afrika!..Charlie uit…

Piet:

Het julle al gesels oor die tuinboy konsep?

Koos:

Nee Piet, ons werk nog aan die implimentasie plan, maar kom ons brainwash eers die ousies en dan die tuinboys, tan het ons hulle net waar ons hulle wil he.

Piet:

Reg so Koos! Sien jou more by Base Camp, dan werk on verder en beweeg uit voor April 2018…Bravo uit!

________________________________________________________________________________

Gesprek Gaan Voort:

Nou vertel my reguit, hoe voel jy oor die saak?… (Jaco)

Ek is nie ‘n boer nie! As ek ‘n boer was sou ek mielies in my agterjaard geplant het, om die waarheid tepraat, ek het nie eens ‘n agter jaard nie. (Jaco)

Ons is suppose om in ‘n nuwe Suid Afrika te woon. Ek weet nie van jou nie, maar as ek iets nuut gekoop het, dan werk dit. Hierdie land werk glad nie saam nie. (Jaco)

Daar is ‘n Party will elke occasion, elkeen lieg meer as die andereen. Ek dink op die score card rank die Freedom Fighters  heel bo. Hulle sing mos:  “kill the famer kill the boer.” Nou is hy skielik ‘n easter bunny met ‘n red baray. (Jaco)

Sorry dit werk nie vir my nie, om die reine waarheid te praat, hy kan net so well volgende jaar die paashaas wees en all die eiers wegsteek, nie een van die arme kinders gaan die paaseiers kry nie. Ek will nie verder uitbrei oor kersvader nie, dit sal die arme kleingoed wreck for life. (Jaco)

Voordat ons kan voort gaan moet ek eers ‘n 7 punt survey doen om vas te stel of jy die persoon is waarvoor ek my hele lewe voor soek, ek will partner met iemand wat trots Afrikaans is regardless van die skin color. Ek soek iemand wat saam met my Suiderlike Afrika kan UNITE! (Jaco)

En hier is presies hoe ons dit gaan doen sister, ons gaan sekere sleutelwoorde verwyder geskep deur die Nkosi Amma Boer Boer beweging. Die nummer o uno een is die woord Ousie. Nou, as ek jou ‘n Ousie moes noem, hoe sal jy daar oor voel?… (Jaco)

Presies! Hier is hulle formule, dis ‘n twee fase woord, eerstens, óu’ wat se in die afrikaansie woordeboek, ag shame, en ander helfe van die woord ‘sies’, jy kan dit self uitwerk. So is jy reg vir die paar vragies? (Jaco)

Hier gaan ons: Onthou dis ‘n mondelikse vraagstuk, ek sal die punte tel op die einde be bepaal of jy die een is. Is jy reg?………. (Jaco)


1.) Wat Moet ons Donker Kleurige dames noem wat in Domestiese huise werk?

a) Huis Assistent (Correct Answer)

b) HuisHulp…of

c) Dishwasher


2.) Moet Hulle werk toe:

a) Loop

b) Taxi vang…of

c) Met trots en eer opgetel en weer af gelaai word by hulle woninge? (Correct Answer)

3. Moet hulle

a) Die vloer op hulle seer geswelde knee was met ‘n vrot lap

b)  Moet hulle hulle rue seer maar en die simple mop gebruik…..of

c) Moet hulle die eezi sqeezi super ultra vinnige en die beste produk op die mark gebruik? (Correct Answer)

4.) Moet op hulle op

a) geskree word

b) gegil word

c) Met liefde en eer behandel word sodat hulle die beste uit hulle uit kan kry? (Correct Answer)


5.) Moet hulle Salaries increase by

a) 50%

b) 60%

c) 100% (Correct Answer)


6.) Moet hulle

a) Left overs eet?

b) Boer pap….of

c) ‘n Vars gekookte maalteid wat hulle weer ‘n vonkel in die oog gee en nuwe stamina (Correct Answer)

7.) Moet hulle Kleure was met hulle

a) Hande

b) Voete…..of

c) Speed Queen Ultra Washer (Correct Answer)

Briljant!!! Jy het 100% geslaag!


Exodus (Die ware verhaal)(Jaco)

Hier is die ware verhaal, dit maak my hart seer om mijoene Suid Afrikaners te sien met rasse haat gebaseer op die kleur vel wat hulle toon.

Maar ek vertel vir jou die reine waarheid. As ek ‘n snapshot van elke mens op Aarde moes neem en dan onder ‘n microscope sit, dan is daar nie ‘n enkele persoon met die selfde toon vel nie. Net so Pragtig as wat God die sneeu flokkies en jou vinger afdruk geskape het. Net so besonders het Hy elkeen Lief.

Soos jy kan verstaan dat elke mensie op die planeet uniek is, net so uniek is die ware kleur van die mens.

Ons kleur vel, kultuur en taal is nie ter sprake hier nie, nog minder die omvattende spectrum van jou DNA wat soos net jy kan wees.

Sien God het jou in die Moederskoot gekleed met liefde: ons het geen deel in hierdie besluit nie.

Maar wat ons well as Suid Afrikaners kan doen is om toe te laat dat God ons waarlike eenvormige kleur beklemtoon, die eenigste ras en kleur wat in die Hemel en op die Aarde bestaan…die kleur van Liefde.

Geskryf deur Jaco Basson

No Comments Yet.

What do you think?

Your email address will not be published. Required fields are marked *